Middag, Danie en Charles
Hoop dit gaan voorspoedig met julle en die klub.
Jammer ek en Klara kon nie die naweek aan die klub se bergfietsrit deelneem nie. Ons het in Pretoria gaan deelneem aan die finale byeenkoms van die MTB XC (Olympics) SA Cup Championship Series. Klara het in haar ouderdomsgroep (Junior Women) derde plek behaal (bronsmedalje). Met die XCO-reeks (5 byeenkomste) nou afgehandel verskuif die fokus na die MTB XC (Marathon) Series van 7 nasionale byeenkomste. Die eerste twee is reeds afgehandel met Klara wat tans derde plek op die punteleer beklee.
Ons sal beslis probeer om die volgende klubbergfietsrit by te woon.
Beste wense
Arrie Rossouw

