Hi Danie
Ek wil ‘n opmerking maak.
Ek het Saterdag die 99-er gery en in K-groep weggespring. Op so 20km het die L-groep verby gekom en ek het “opgeklim”. Daar was ‘n hele paar Wannabees in die groep, waaronder. Hannes Titus. Ons vir ‘n hele ruk gery en gesels. Toe kry hy ‘n pap wiel. Obviously het die groep, ek inkluis, aangery. Maar net so paar minute later sien ek drie Wannabee ouens in die groep na links beweeg. Toe hoor ek die een se vir die ander, “ons wag vir Hannes”! Hulle trek toe af en wag vir Hannes.
Ek is nie ‘n Wannabee nie, maar omdat ek van Somerset West kom, weet ek van die groep en kry die nuusbriewe. Ek het net gedink, DIT is wat sportmanskap is. Vir fietsryers is die 99-er mos baie belangrik omdat dit’n “seeding event” is, maar hier was 3 ouens wat bereid was om hulle ‘goeie tyd’ op te offer om ‘n spanmaat te help.
Ek dink dit was great!!!!
Celia PIENAAR
Independant Travel Consultant
Suite 8, Private Bag x 15
Somerset West, 7129
South Africa
Tel: +27 (0)87 802 9993
Faks: +27 (0)86 583 4437
Sel: +27 (0)82 575 5688
Skype: celia.pienaar

