Hello Deon
Dirk Hoffman het my gebel en ook ingelig oor jou operasie
Almal in die klub praat van die val.
Op 'n makabere manier is dit 'n duidelike sein wat uitgaan dat almal meer sal moet konsentreer tydens die LSD ritte.
Dankie vir die insig wat jy toon en die positiewe trant van jou brief ten spyte van jou terugslag
Ons sal sekerlik kyk na 'n nota om veiligheid weer te beklemtoon
Interessant hoeveel ouens al eintlik erken het dat hulle in hierdie geval nie 100% wakker was nie.
Sterkte, hoop om jou gou weer op die pad te sien
Groete
Danie

