SuperSport.com News | Cycling

Tuesday, November 03, 2009

Hallo almal

Ek weet nog nie presies wat gebeur het Saterdag nie. Al wat ek gesien het was fietse wat heen en weer swaai en ander wat geweldig rem wat te verstaande is as 'n ander fietsryer in 'n teenoorgestelde rigting ry ook in dieselfde baan en geelstreep. Ons het net oor die 30 km/h gery toe die ongeluk gebeur het. Ek het vir 'n oomblik afgekyk na die odometer dis hoekom ek dit weet. Dit is ook een rede hoekom ek in die man voor my vasgery het. Daardie oomblik later se rem is te min om 'n ongeluk te verhoed ten spyte van die feit dat ek 'n prosedure gebruik het wat ons jare terug deur die Helderberg Club geleer is om eers 'n gaping tussen jou en die voorste fietsryer te maak sonder om te rem dan af te kyk na die odometer. In hierdie geval het dit nie gehelp nie want die reaksietyd was te min na die opkyk.

Daar is baie klein dingetjies wat mens na moet kyk veral as jy in 'n groot groep ry soos wat Saterdag wel die geval was. Ek wil nie kla nie, dit was 'n ongeluk mens kan niks daaraan doen nie. Maar ons kan soortgelyke probleme vermy as ons almal net attent is op 'n paar reëls. Die sport het verander vandat ek gery het wat veiligheid ook betref. Een voorbeeld is 'n robot. Ons het amper nooit by rooi robot gestop nie. Dit was die twee voorste ouens se verantwoordelikheid om te kyk of dit veilig is vir almal om oor te gaan as dit nie is nie dan het hy die groep gewaarsku en gestop. Nou stop almal by 'n rooi robot wat reg is. Daar is in elk geval voor die tyd 'n waarskuwing deur die bondel aangestuur dat 'n robot genader word.

Dit is iets wat my Saterdag bekommer het, daar was geen geluid gemaak deur enigiemand wat ek kon hoor as waarskuwing dat iets gebeur nie. Dis hoekom ek sommer begin skel het dat 'n groep fietsryers nie net kan stop nie. Daar moet 'n waarskuwing wees. Ek het nie geweet van die fietsryer wat tussen ons deur is nie.

Miskien as voorstel moet ons almal 'n paar dinge neerskryf wat die rit meer veilliger sal maak en dit opsom en op die Wannabee blog sit vir almal om te lees.

Iets wat ek in die groep gesien het: Fietsryer wat opstaan teen 'n bult sonder om te dink aan die fietsryers agter hom. Die reel wat ek geleer het is : Maak eers 'n klein gaping tussen jou en die voorste fietsryer gee twee of drie kragtige trappe en staan op sodat jy nie jou agterwiel trugskiet verby die voorwiel van die agterste fietsryer nie. 'n Geleerde fietsryer sal ook nie sommer gevang word daardeur nie want hy sal altyd 'n 100mm of meer langs en agter die voorste fietsryer se agterwiel wees. Dis hoekom dit lyk of hulle reg op mekaar se wielle ry in die groot fiets wedrenne wat hulle wel ook doen met vertroue omdat hulle almal hou by 'n sekere groep reëls.

Onthou die voorste twee ouens is verantwoordelik om te kyk vir gate, klippe en mense in die pad. Iets wat ek opgelet het van Danie Morkel is dat hy baie attent is op dinge in die pad en selfs die boodskap wat hy kry weer terug te stuur na die ouens agter hom. Miskien moet julle hom laat voor ry die heel tyd. :-) Daar is verseker nog wat waarsku maar daar is wel die wat dit nie doen nie. Heel moontlik omdat hulle nie weet dat daar sulke reëls is nie. Dalk doen ek dinge in die bondel wat ek ook nie moet doen nie. Hoe sal ek weet as niemand vir ons sê nie.

Ek blameer niemand nie. Dit was 'n ongeluk. Maar dalk kan ons toekomstige ongelukke vermy.

Baie dankie
Deon van Zijl